‘n Oorsigsnit van die Bybel, Genesis tot Openbaring, enige tyd beskikbaar as korrespondensie. Die kursus word aangebied deur dr. Jacobus de Koning.
Wat behels die kursus?
- ‘n Oorsig van die Bybelse verhaal in sy progressiewe ontvouing van die geskiedenis van verlossing, teen die agtergrond van skepping en sonde.
- Aandag word gegee aan die literere, historiese, kulturele en teologiese dimensies van die Skrif soos dit vir ons ‘n “wereldbeskouing-verhaal” gee.
- Klem sal gelê word op die eenheid van die Skrif soos dit sy volheid en vervulling in Christus vind.
Wat wil ons bereik?
- Ons wil die verhaal van verlossing ontvou soos dit as een verhaal in die Bybel neergeskryf is.
- Ons wil ‘n dieper bewustheid en sensitiwiteit vir die Bybelse verhaal en ons plek in daardie verhaal ontwikkel
- Ons wil die hooftemas van die Bybelse verhaal, soos skepping, sondeval, verlossing – voltooiing, koninkryk van God, verbond en sending onderskei.
- Ons wil die gesag van die Bybelse verhaal verstaan vir kulturele en akademiese aktiwiteit.