Dieptekursus 4de kwartaal 2014

Ses sleutels om passievol geestelik en diep menslik te leef

God is ‘n self-openbarende God… en dis vir ons om Hom raak te loop, raak te sien, en raak te ken. Maar as ons Hom dan ontdek, leer ken, bly die vraag of dit groei tot ‘n intieme ken van Hom. Hierdie reeks fokus op ses sleutels om – deur jou intieme beleef en ken van die Here – ‘n passievol-geestelike én diep-menslike lewe te ontwikkel.

Een van die maniere waarop God Homself geopenbaar het, was deur Sy Name. En dikwels is die oorspronklike betekenis van die Name van God skraps vertaal of weg-vertaal, en ek wil saam met jou op ‘n ontdekkingsreis gaan om God wéér en méér intiem te leer ken deur Sy Name.

Ek gaan ook saam met jou gesels oor om bewustelik te leef; om met verwondering te leef; om God se Gans Ander-heid te eer; om met Oorgawe te leef; en om op te daag in die lewe!

Dan is daar ook ‘n paar heerlike verrassings, “geheime” en waarhede uit die oorspronklike tekste wat die Woord en die verhale daarin nuwe lewe en betekenis vir jou sal gee!

Ek nooi u om in die vierde kwartaal saam met my op hierdie Ken-reis, Ontdek-reis en Woord-reis te gaan en geestelik verryk, verkwik en opgerig word.

Dit is ‘n oop kursus, dus kan jy al jou vriende en vriendinne saamnooi.

Vanaf Dinsdag 14 Oktober tot Dinsdag 18 November, 09h00 in die oggend of 19h00 in die aand.

Koste verbonde aan die kursus:

KLASSTUDENTE: R 200 per persoon
KORRESPONDENTE: R 420 per persoon (CD’s ingesluit)
INTERNETSTUDENTE: R 260 per persoon

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *