Inskrywings & fooie
Let daarop dat u slegs vir ‘n nuwe termyn kan inskryf mits u die vorige termyn bevredigend voltooi het. Adobe Acrobat Reader is verniet beskikbaar vir PDF's. Kliek hier.
Oorsigkursus inskrywings
Dieptekursus inskrywings
Fooie (2013)
Oorsigkursus
| Kursus | Termyn fooi |
| Oorsig Klasstudent (Woon lesings fisies by en handig take in by klas) |
R450 per persoon |
| Oorsig Korrespondensiestudent (Ontvang oudio lesings en die handleiding per pos. Pos/fax/epos vrae) |
R800 per person, R950 (egpaar) |
| Oorsig Internet Korrespondensiestudent (Laai self oudio lesings en die handleiding van hierdie webwerf af. Epos vrae) |
R500 per person |
Wat is die verskil tussen 'n klasstudent, Korrespondensiestudent en Internetstudent ?
- 'n Klasstudent woon die lesings fisies by elke Dinsdag by Lynnwoodrif NG Kerk.
- 'n Korrespondensiestudent doen die kursus per pos, hy/sy ontvang die studiemateriaal en die lesings(op audio CD) per pos en stuur take in per pos, epos of Fax.
- 'n Internet Korrespondensiestudent is ook 'n korrespondensiestudent met die verskil dat hy/sy die studiemateriaal en lesings nie oor die pos ontvang nie maar dit self aflaai van hierdie webwerf met behulp van 'n sleutelwoord wat aan hom/haar toegeken word. Hy/sy stuur take in per epos. Daar is dus 'n kostebesparing vir Internetstudente aangesien hulle nie studiemateriaal en lesing CD's per pos ontvang nie - sien die fooie.
Dieptekursus
LW: u moet eers die oorsig kursus voltooi voor u kan inskryf vir die dieptekursus.
| Kursus | Fooi (Kwartaal 1- 3) | Fooi (Kwartaal 4) |
| Diepte Klasstudent (Woon lesings fisies by en handig take in by klas) |
R 250 | R 150 |
| Diepte Korrespondensiestudent (Ontvang oudio lesings en studiemateriaal per pos. Pos/fax/epos take) |
R 550 | R 350 |
| Diepte Internet Korrespondensiestudent (Laai self oudio lesings en studiemateriaal van hierdie webwerf af. Epos take) |
R 350 | R 250 |