Dieptekursus

Die Bybel in diepte

In die dieptekursus word die Bybel meer in diepte behandel. Die dieptekursus word in vier kwartale gedeel. Daar word gepoog om elke jaar ‘n Ou Testamentiese Boek, ‘n Nuwe Testamentiese Boek, ‘n Leerstellige Onderwerp en ‘n kort Praktiese Onderwerp te behandel.

Studente kwalifiseer om in te skryf vir die Dieptekursus na voltooing van die Oorsigkursus.

Eerste Kwartaal  Tweede Kwartaal  Derde Kwartaal  Vierde Kwartaal
Datum 22 Januarie – 19 Maart 09 April – 18 Junie 16 Julie – 17 September 01 Oktober – 12 November
Onderwerp Hoe die groot temas van die Bybel op Jesus uitloop – Prof Adrio König Evangelie van Johannes – Dr Jacobus de Koning Sal bevestig word Sal bevestig word
Kwartaal program PDF PDF PDF PDF
Info pamflet klasstudente PDF PDF PDF PDF

Diepte Klasstudente

Daar word van persone verwag om in die eerste jaar 1 taak per kwartaal in te handig.

Lesing Tye (Klasstudente): Dinsdagoggende 09:00 - 12:00 of Dinsdagaande 19:00 - 21:30

Inskrywingsvorm (Klasstudente): Kry en vul in by Bybelskool op dag van Inskrywing