Oorsigkursus

Ontdek die Woord in een jaar

Die uitgangspunt van die Bybelskool is dat die Bybel as geheel die Woord van God is. Om onder leiding van die Heilige Gees, die gedagte, waarheid en wil van God te leer ken. Deur die studie van die geskrewe Woord, wil ons Jesus Christus (die Lewende Woord) beter leer ken, liefhê en vertrou. Die strewe is om meer soos Christus te word en te deel in die volheid van die Gees.

Die kursusinhoud word in drie termyne aangebied:

Eerste Termyn Tweede Termyn Derde Termyn
Januarie - April Mei - Junie Julie - November
Die Wet & Geskiedenis Digterlike & Profetiese boeke Nuwe Testament
Genesis - Ester Job - Maleagi Matteus - Openbaring

Oorsig Klasstudente

Inligtingsessie en Registrasie: 15 Januarie 2013

Tyd: 09:00 asook 19:00

Inskrywings vind ook plaas gedurende die week tot en met Maandag 21 Januarie 2013 vanaf 09:00 – 16:00 by Bybelskoolkantoor.

Inskrywingsvorm (Klasstudente): Kry en vul in by Bybelskool op dag van Inskrywing

Aanvang van lesings: 22 Januarie 2013

Lesingtye: Dinsdagoggende 09:00 – 12:00 of Dinsdagaande 19:00 – 21:30

Wat word van jou verwag in die Oorsigkursus?

  • ƒOm een lesing per week by te woon/na te luister (korrespondente)
  • Voorbereiding vir elke lesing behels die lees van die voorgeskrewe gedeeltes uit die Bybel asook die hantering van kort vrae.